Het jy gehoor?

Dana, Bakkes, Valiant en Johan op verhoog te sien

Drie reisigers en Valiant Swart vat weer die pad verskyn nou op ‘n dubbel-CD.

Suksesvolle optredes saam met die troebadoer Valiant Swart by die Atterbury-teater in Junie 2011, en vier uitverkoopte vertonings by die KKNK 2012, het die reisigers genoop om Swart by die nuwe album in te sluit. Buiten die 14 reisverhale, sluit die dubbel-CD ook 4 nuwe opnames van Valiant Swart se gewildste langpadliedjies, asook instrumentale verwerkings van die musiek, in.

Dana Snyman se stories is grotendeels ʼn reis na die verlede – ʼn nostalgiese tog, onthou-stories.

Johan Bakkes skryf en vertel weer hoe hy en sy vriende na die uithoeke van die aarde reis om die uitsonderlike te beleef.

Johan Badenhorst se vertellings is gegrond op sy Afrika-ervarings tydens die Voetspore-reise.

Die kombinasie en verskeidenheid, afgewissel met die uitstekende unplugged vertolking van Valiant Swart, maak hierdie oudioboek ‘n lekkerluister CD.

Drie reisigers en Valiant Swart vat weer die pad word op 9 en 10 Junie by die Atterbury-teater in Lynnwood, Pretoria, bekend gestel. In September volg nog twee optredes by die Gariepfees in Kimberley, waarna die manne ook twee keer te sien sal wees by Beyerskloof net buite Stellenbosch.

WEN een van 6 dubbelkaartjies na die bekendstelling op 9 en 10 Junie by die Atterbury-teater in Lynnwood, Pretoria.

  • Susan Owen

    Hi daar is geblok by die werk om in te skryf maar sal baie graag kaartjies wou wen!

    Groete

  • Petro

    Die manne moet ek sien.