Michael Mol se spesiale boodskap vir SARIE-lesers
Dr. Michael Mol, Liezel van der Westhuizen en 'n rits ander bekende persoonlikhede is die ambassadeurs van die splinternuwe Think Red-veldtog teen hartverwante siektes in SA. SARIE TV was by die bekendstelling om met hulle te gesels.
Ons bekommer ons oor MIV/vigs en kanker in Suid-Afrika, en hierdie siektes is duidelik sigbaar op die gesondheidsradar. Maar baie min van ons skenk werklik aandag aan die siektes waaraan die meeste mense wêreldwyd sterf: hartverwante siektes. Stereotipes rondom hartsiektes, soos dat dit slegs by ouer of oorgewig mense voorkom, word juis aangespreek.
"Think red, save your heart"
Daarom het die Hart-en-beroerte-stigting van SA en Unilever kragte saamgespan met Think Red, 'n veldtog wat met die hulp van 7 bekendes klem lê op die belangrikheid van hartgesondheid.
Mark Pilgrim, Robert Marawa, Gerry Rantseli-Elsdon, Michael Mol, Uyanda Mbuli, Kerishnie Naiker en Liezel van der Westhuizen is van die bekendes wat hul lewenstories met hartsiektes deel.
Wat kan jy doen?
Laat toets jou cholesterol en laat meet jou bloeddruk gereeld. Cholesterol is die hoofoorsaak (sowat 52%) van hartsiektes.
Ongesonde leefstylkeuses soos om te rook, slegte eetgewoontes en geen oefening nie kan jou kans op hartsiektes verhoog.
Sluit aan by SARIE se Beweeg SA-veldtog en kry gratis oefen- en dieetplanne.
Die feite
Meer as 17,5 miljoen sterftes kom jaarliks wêreldwyd voor as gevolg van hartverwante siektes. Dit is 120 jumbo-vliegtuige vol mense per dag.
Byna 15 miljoen mense kry jaarliks beroerte. Van hulle sterf sowat 5 miljoen en nóg 5 miljoen verloor brein- en liggaamsfunksies.
1 uit 4 vroue sterf aan hartverwante siektes elke dag.
82% van Suid-Afrikaners oefen nie genoeg nie, en 83% eet nie meer as 5 vrugte of groente per dag nie.
21% van Suid-Afrikaanse kinders rook. Dit is die hoogste persentasie in Afrika.
Verwante artikels
-
BeweegSA motiveerder: Dr. Susan Vosloo
SARIE September 2011
Dié hartchirurg van Kaapstad, Dr. Susan Vosloo, het ervaring van al die balle wat ’n werkende ma gelyk in die lug moet hou.
-
BeweegSA: Klik hier vir die Oefen- en dieetplanne
SARIE Oktober 2011
Indien jy die dieet- en oefenplanne in die Oktober-Uitgawe gemis het, kan jy hier hier aflaai.
-
Dr Michael Mol se nierversaking
SARIE Mei 2012 | Kommentaar: 8
Vir TV-dokter Michael Mol is g’n rivier te diep en berg te hoog nie. Maar sy niere het verlede jaar ’n knou gekry, en wil hy dié les met ander deel.
-
Ons heupe huil, maar ons kook en geniet
SARIE September 2011
Of ons nou feesvier, troos of rou – daar’s altyd iets te ete. Die SARIE-span kyk na Suid-Afrikaners se verhouding met kos en die krisis van ons wyerwordende middelmaat
















Kommentaar