Oud-Springbokke verklap geheime oor mekaar
Kobus Wiese en Balie Swart verklap 'n paar geheime oor mekaar...
Kobus oor Balie
“Ek en Isak Stephanus de Villiers Swart – ja, dis Balie se regte naam – was van standerd ses (graad agt) af saam in die koshuis in Paarl-Gimnasium, so ons ken mekaar goed. Ons het almal daar byname gehad; myne was Wiese. Een van ons skoolmaats, so ’n rooikop, se bynaam was Bloedwurm. Toe noem hulle sy boetie Lintwurm, sy sussie Sywurm en sy klein boetie Erdwurm. Balie is ’n absolute perfeksionis, só erg dat hy byna ’n pyn in die agterent is. Eintlik is hy kompulsief netjies. Sy hare was altyd mooi gekam.
In sy klerekas was sy wit sokkies en sy swart sokkies bymekaar, en sy T-hemde het met ’n perfekte hoek gelê. Hy’t hom vererg as ons op sy bed gesit of in sy kas gekrap het. Hy is ’n regte goody two-shoes en het seker maar swaar gekry met ons klomp saam met hom in die kamer. Maar Balie is ’n goeie mens en ’n lewenslange vriend.”
Balie oor Kobus
“Kobus het voor elke wedstryd sy hare laat sny – seker om aantreklik te probeer lyk. Ons het hom altyd daaroor gespot. Hy dra ook net ’n kortbroek op die rugbyveld, verder dra hy langbroeke. Hy is versot op rooiwyn en is dodelik allergies vir sesamsaadolie. Op die 1993-toer na Nieu-Seeland en Australië het hy van die olie ingekry en hy was byna dood.”
Moenie die Oktober-uitgawe van SARIE misloop nie, die Rugby Wêreldbekerspan verklap allerhande geheime oor mekaar!
Verwante artikels
-
5 Boek-minute met bekroonde fotograaf Wessel Oosthuizen
Wessel Oosthuizen is ‘n bekende gesig langs die rugbyvelde van Suid-Afrika en ook oorsee, daar waar die Springbokke uitdraf.
-
Fourie du Preez en Pierre Spies verklap mekaar se geheime
SARIE Oktober 2011
Daar’s ’n mama’s boy, ’n IT-freak en iemand wat sy baard kleur om jonger te lyk! Dis van die dinge wat die Bokke en byna-Bokke vir die Wêreldbekerrugby kort voor hul vertrek na Nieu-seeland aan sarie oor mekaar verklap het... Hou sarie.com dop vir meer van dié geheime!
-
Roer! - Kobus Wiese se kerrie-hoender
SARIE - Augustus 2009
As jy nie meer idees vir geregte met hoender het nie, waarom probeer jy nie Kobus se kerrie-resep nie?
-
Watter Springbok bel sy ma elke aand?
SARIE Oktober 2011
Boeties Bismarck en Jannie du Plessis laat 'n paar ape uit die mou...
















Kommentaar