VIDEOGREEP: Youtube

Nuut & nuus

Alles wat jy moet weet van die Fifa-wêreldbeker-sokkertoernooi

Die Fifa-wêreldbeker-sokkertoernooi skop amptelik vandag af en hier is alles wat jy oor sokker, Brasilië en die spelers moet weet – selfs al het jy nog nooit sokker gekyk nie!

Liedjie

Die amptelike wêreldbeker-liedjie, “We Are One (Ole Ola)” is nie so goed ontvang soos die organiseerders dalk gehoop het nie. Pitbull, die Amerikaanse rymkletser, “sing” meeste daarvan terwyl Jennifer Lopez en die Brasiliaanse sangeres Claudia Leitte ook elkeen ’n kort versie sing.

Die koor sal wel die skare op hul voete hê danksy die maklike woorde en vrolike melodie.

Instrument

Die vuvuzela het wêreldbekend geraak tydens die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi, en selfs al is dié skrillende plastiek horing op die ou end verban weens die afleiding wat dit veroorsaak het, het Brasilië steeds besluit om hul eie geraasmaker te ontwerp.

Die Caxirola (ka-shee-role-ah) is ’n plastiek instrument wat byna soos ’n ratel werk, maar nadat kwaai toeskouers verlede jaar reeds dié geraasmakertjies op die veld gegooi het, is die Caxirola verban nog lank voor die begin van die Wêreldbeker, berig The New Yorker.

FOTO: Twitter  (@casse)

FOTO: Twitter (@casse)

Waar om te kyk

Die openingseremonie word vanaand om 20:00 op SABC1 uitgesaai en word  Vrydagoggend om 01:30 herhaal. Die seremonie gaan sowat 25 min wees.

Die eerste wedstryd tussen Brasilië en Kroasië skop om 21:50 af en is ook op SABC1 te sien.

SABC1 sal 56 van die wedstryde regstreeks uitsaai terwyl SABC 3 die ander 8 sal dek.

KLIK HIER vir die volledige TV-skedule

Het jy geweet?

Brasilië verskil met 5 ure van Suid-Afrika – hulle is 5 ure ná ons. Dit beteken die wedstryde wat 13:00 daar begin, sal dan 18:00 by ons afskop.

Brasilië het die tweede grootste Christen-bevolking in die wêreld.

Brasilië het reeds 5 keer die Sokker-wêreledbeker gewen.

Nes Tafelberg by die Nuwe 7 Wonders van die Wêreld ingesluit is, is Brasilië se Christus-standbeeld ook nou deel van dié besienswaardighede.

Volgens Anchorage Daily News, het Brasilië ’n seeskilpad in die Praia do Forte Seeskilpad-reservaat in Bahia aangewys om die resultaat van die openingswedstryd te voorspel. Die seeskilpad Big Head moes kies tussen ’n stukkie vis wat van Brasilië se vlag hang en een wat van Kroasië se vlag hang. Hy het, ewe patrioties, vir Brasilië gekies!

Selfs die ruimtevaarders vang gees! 

Die ruimtevaarders van die Internasionale Ruimtestasie het dié video van hulself geneem waar hulle in die ruimte sokker speel – ’n spesiale manier om “die mooiste spel” te vier!

Spelers wie se name jy moet ken

Hier is van die uitblinkers op die sokkerveld.

Lionel Messi

Nasionaliteit: Argentinië
Ouderdom: 26

FOTO: Instagram  (@leomessi)

Lionel Messi FOTO: Instagram (@leomessi)

Cristiano Ronaldo

Nasionaliteit: Portugal
Ouderdom: 29

Cristiano Ronaldo FOTO: Instagram  (@cristiano)

Cristiano Ronaldo
FOTO: Instagram (@cristiano)

Neymar (Neymar da Silva Santos Júnior)

Nasionaliteit: Brasilië
Ouderdom: 22

Neymar FOTO: Instagram  (@neymarjr)

Neymar
FOTO: Instagram (@neymarjr)

Mario Balotelli

Nasionaliteit: Italië
Ouderdom: 29

Mario Balotelli FOTO: Instagram  (@mb459)

Mario Balotelli
FOTO: Instagram (@mb459)

KLIK HIER vir die volledige TV-skedule van die Fifa-wêreldbeker-sokkertoernooi

Bronn: NJ Sport en CBC News