Nuut & nuus

Bobby van Jaarsveld vra verskoning vir TV-onderhoud

Volgens Van Jaarveld se nuusbrief loop hy sedert die onderhoud met onsekerhede in homself rond en ná hy hieroor nagedink het, wou hy dit van sy hart af kry.

“Ek weet eintlik rêrig nie waar om te begin of hoe om te verduidelik nie. Al wat ek weet is dat ek so verkeerd oorgekom het op Rian en dat dit glad en geheel nie was wat ek wou sê nie, maar feit is – ek het. Ek het soveel foute in die onderhoud gemaak dat ek vir dae nadat ek vir myself gekyk het steeds nie kon glo hoe verkeerd dinge uitgekom nie. Ek het voor die TV gesit en ek kon nie glo wat uit my eie mond kom nie. Tog was dit ek.”

Klik by www.bobbyvanjaarsveld.co.za om verder te lees.

  • Susan Fogwill

    Wat maak dit saak of n kunstenaar geloof/geen geloof beoefen? Ek hou van hom as sanger en dit is elke mens se reg in die lewe om vrae te vra en te wonder oor als en vrae te vra. Net iemand wat breindood is vra nie vrae nie. Hoekom moet kunstenaars huigel om Christene gelukkig te hou, dit gaan oor sy kuns en sang, nie geloof nie!

  • elaine

    As dit kom by onderhoude dan moet die kykers dit vat met n knippie sout!!! Want die aanbieders lyk my is geneig om die gaste dinge te laat se of in n hoek te druk. No worries Bobby. Love jou nogsteeds, no matter what xx

  • Helen

    Prys die Here vir Sy groot Genade in jou lewe. Hy sal die goeie werk wat Hy in jou begin het volbring. Soos wat jy in jou brief sê …satan het van die geleentheid gebruik gemaak, maar God het jou nie uit Sy Hande laat ruk nie en in jou hart en gedagtes gewerk om hierdie brief te skryf. Hy het toegelaat dat dit gebeur om jou afhanklikheid van Hom nog net meer te besef en dat jy Hom in al jou besluite sal ken. Wat ‘n wonderlike getuienis is hierdie van ‘n kind van Hom wat groei in ‘n verhouding met Sy Skepper. Ons as kinders van God het en struikel nog daagliks…..niemand is volmaak nie en ons is niks sonder Hom nie. Onthou net in Christus is jy meer as ‘n oorwinnaar!!

  • Hannelie Crous

    Bobby, ek dink jy is heeltemal te hard op jouself. Jy het niks om oor skaam te wees nie. Die Here het jou al lankal vergewe. Sterkte Groete Hannelie

  • Nan

    Ek weet nie wat hy ges^e het nie, maar voel dat ons net so gewillig met ons vergifnis moet wees soos die Here dit voorskryf.

    Dit spreek ook boekdele dat hy bereid is om verskoning te vra waar hy voel hy het gefouteer. Eerder dit as iemand wat soos ‘n "under cover agent for Christ" is en te bang is om hul geloof met ander te deel & te erken as hulle geval het.

    Ons bly lief vir jou Bobby. Ek is trots daarop om ‘n fan te wees van jou.Dis pragtig dat jy skaamteloos jou geloof uit leef in jou handel en wandel.

    Mag die Here jou & vroulief ryklik seen.

  • louwrens

    hello bobby.
    zonika,zarco en tannie leoni stuur baie liefde