gin-0591
Nuut & nuus

Fynbos jenewer!

5 minute met …
Lorna Scott
JENEWERSTOKER

Inverroche Distillery
Fynbos Gin & Botanique Liqueur
Laurenskrik-landgoed
Old Riversdale Road
Stilbaai
028 754 2442
072 4474211
www.inverroche.co.za
Ons storie is gewortel in fynbos, ’n geskenk van die natuur waarmee die mensdom al van die begin af geseën is en wat sal bly voort-bestaan solank ons die omgewing beskerm waar dit floreer. Die talle unieke spesies fynbos hier in die suidwestelike kusgebied van die Wes-Kaap deurdrenk ons produkte en gee dit ’n unieke kleur en geur.
Ek het Inverroche Distillery in 2012 hier begin, naby Stilbaai.
My seun, Rohan, is die stook-meester en hy beheer die produksie. My dogter, Lauren, het kookkuns op Stellenbosch gestudeer. Sy beplan om ’n restaurant op die perseel oop te maak, maar eers wil sy in België gaan draai om die kuns van sjokolade-maak te leer. Ek en sy is ook betrokke by produkontwikkeling.
Die hoofrede was die natuur se uitsonderlike oorvloed van aromatiese kruie, blomme en bessies wat oral op die plaas groei waar die stokery geleë is. Ons jenewer en ander drank eggo die geure van fynbos, wat dit uniek Suid-Afrikaans maak. Die jenewer, rum en likeur is handgemaak, van die oomblik dat die fynbos geoes word totdat die etikette op die bottels geteken en geplak word. Die drank word in klein volumes in koperpotte gestook.
Ons maak drie soorte jenewer, Classic, Verdant en Amber, en elkeen smaak anders. Ons hele onderneming is op volhoubaarheid gebou. Ons produk word reeds in 13 lande verkoop. Die buitelandse mark is baie kompleks, wat dit moeilik maak om aan die aanvraag te voldoen.