HO de Jonge
Nuut & nuus

Jong skrywer van Orkney kry kontrak om fantasiereeks in Brittanje te publiseer

Harry Olferman de Jonge van Orkney is net 25 jaar oud, maar hy het reeds ’n internasionale kontrak vir ’n fantasiereeks van sewe boeke onderteken. 

Die jong skrywer se eerste boek in die reeks, The First Great Misfortune, het onlangs by die Britse uitgewer Austin Macauley verskyn. Die boek se titel is Path of Power.

Olferman het aan die Noordwes-Universiteit studeer toe hy in sy vrye tyd aan ’n kortverhaal begin werk het. “Ek het so opgesweep geraak deur die storie dat die kortverhaal vinnig in ’n hele boek ontwikkel het,” vertel Harry aan SARIE.

Harry wou graag sy boeke in Suid-Afrika uitgee, maar hy kon nie ’n plaaslike uitgewer vind wat fantasie publiseer nie. Hy het toe die manuskripte na uitgewers in Amerika en Brittanje gestuur, en Austin Macauley in Londen het die beste aanbod gemaak. Path of Power is reeds gepubliseer en die ander ses boeke in die reeks sal volg.

Harry is verheug dat hy nou elke dag kan doen wat hom die gelukkigste maak. “Dit is my droom en nou lééf ek dit. Ek het ’n werk wat voel soos speel en ek geniet elke sekonde daarvan.”

Path of Power

Path of Power, die eerste van die sewe boeke, gaan oor Alexander, ’n jong prins wat gebore word met alles waarvan ’n man kan droom. Hy is aantreklik, slim en talentvol en gaan eendag die koning van Angelia word – ’n koninkryk van towenaars. Sy nare oom, Cain, kom vernietig alles en Alexander is die enigste een wat eendag sterk genoeg gaan wees om sy oom te oorwin. Die storie volg vir Alexander soos hy sy towerkuns leer en ontwikkel om teen die einde sy oom te oorwin.

 

 

 

Lees meer oor Harry en sy boeke deur na Path of Power se Facebook-blad te gaan. Path of Power is op Kalahari.com beskikbaar.