FOTO: @captainbreadza

FOTO: @captainbreadza

Ons hou van

Sjefs op Instagram: volg dié name

As jy lief is vir kos en behoorlik jou lippe wil aflek, moet jy hierdie vyf sjefs op Instagram volg. 

1. Jan Hendrik van der Westhuizen

Die eienaar en sjef van restaurant Jan in Nice het vroeër vanjaar sy eerste Michelin Ster gewen! Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat dié gesogte toekenning kry. Elke gas wat sy restaurant besoek, kry ’n pakkie beskuit saam huis toe.

So proud of my team!! #JAN #onestar #southafrica #frenchriviera #france #michelin

A photo posted by Jan Hendrik van der Westhuizen (@janhendrik2016) on

2. Bertus Basson 

Bertus, die The Ultimate Braaimaster-beoordelaar en eienaar van Overture-restaurant in Stellenbosh, kook sonder pretensie en met hope passie. Hy word veral deur Suid-Afrikaanse kookkuns geïnspireer. 

  Also getting in some December loving. Escaped with @marelibasson to Onrus for a night. Vanaand gaan ons Braai!   A photo posted by Bertus Basson (@bertusbasson) on

3. Jason Lilley

Die eienaar van die gewilde Jason’s Bakery in Breestraat, Jason Lilley, gaan binnekort sy tweede winkel oopmaak. Sy gewilde “Cronuts” en “Doussants” is beslis ’n móét-eet. Om teleurstelling te voorkom, bel en gee jou bestelling vir dié fyngebak.

4. Pete Goffe-Wood

Pete is ‘n beoordeelaar van die gewilde MasterChef SA en ’n bekwame sjef wat ook bekend staan as die “Kitchen Cowboy”. Jy raak beslis honger as jy na sy kos kyk.

“Bone in” Bordelaise, rare Tuna & Red Wine Sauce – 2nd course #RussianOdyssey #fahrenheit #flagstone

A photo posted by Peter Goffe-Wood (@petegw) on


5. Ivor Jones

Hy is een van die sjefs by die bekende en bekroonde Test Kitchen. Dit is veral lekker om hom te volg vir sy interessante kosreise en mooi foto’s van die restaurant se kos.