MOOD GS boek open book of family story
Ons hou van

3 wenke om by jou Nuwejaarsvoornemens te hou

’n Slanker lyf, ophou rook, spaar meer … Om ’n lys Nuwejaarsvoornemens op te stel is maklik genoeg, maar om daarby te hou is ’n heel ander storie. Die bekende gedragskenner John Demartini gee raad.

John sê die meeste mense is onsuksesvol en val binne weke of selfs dae van die wa af omdat hulle nie die regte doelwitte stel nie: “Maak jou Nuwejaarsvoorneme in lyn met die goed wat regtig vir jou saak maak.”

Daarom, as jy volgende jaar meer wil oefen, maar gesondheid is nie vir jou belangrik nie, is die moontlikheid skraal dat jy suksesvol sal wees. Voor jy jou lys opstel, vra jouself eers wat jou prioriteite is: Wat is vir jou belangrik, wat koop jy met jou geld en wat doen jy in jou vrye tyd?

Hier is 3 van Dr. John Demartini se wenke om by jou Nuwejaarsvoornemens te hou 

  1. Breek groot doelwitte op in kleiner dele en werk daaraan teen ’n bestendige pas.
  2. Wanneer jou “hoekom” groot genoeg is, sal jy nie sukkel met die “hoe” nie. Vra jouself af hoekom die doelwit vir jou belangrik is voor jy probeer om dit te bereik.
  3. Is jou Nuwejaarsvoorneme in lyn met jou hoogste waardes? Doen dr. Demartini se gratis aanlyntoets en vind uit.

Bron: Demartini

Het jy reeds jou nuwejaarsvoorneme vir 2016 opgestel?

  • JA
  • NEE

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!