FOTO Glen Montgomery

FOTO Glen Montgomery

Ons hou van

’n Selfoonkontrak en apps vir jou langafstandverhouding!

Ontmoet Sim-Sonke, een van die bes bewaarde geheime. Ons voel skoon ’n soort verantwoordelikheid om hierdie met julle te deel…

Ek het onlangs van hierdie voorafbetaalde selfoonkontrak gehoor by ’n paartjie wat hul langafstandverhouding baie goed laat werk het. My vriendin het op Melkbosstrand gewoon en haar kêrel op Swellendam. Dis sowat 237 km van mekaar af, wat vir ander seker nie eens ver sal wees nie.

Sim-Sonke

As jy in ’n langafstandverhouding is en steeds nie ’n volhoubare oplossing gevind het vir jul laataandgesprekke nie, stel ons jou graag bekend aan Telkom se Sim-Sonke.

Wat hierdie kontak anders as die res maak, is veral dít: Jy kan teen net R20 ’n week onbeperkte oproepe maak van een Telkom-simkaart na ’n ander.

Foto: Dmitry Ratushny (Unsplash)

FOTO Dmitry Ratushny (Unsplash)

 

Wat Sim-Sonke bied

• 29 sent per SMS, MMS en een MB-data
• 29 sent per minuut as jy vanaf ’n Telkom-simkaart na ’n ander Telkom-simkaart bel
• 75 sent na ander simkaarte en telefoonlyne
• Vir slegs R20 ’n week, kan jy oneindig baie oproepe maak, enige tyd van die dag
• R5 gee vir jou ’n hele dag se onbeperkte oproepe na ander Telkom-selfoonnommers

Gaan koop dus die beginpakket teen ongeveer R0,99 by jou naaste Telkom-winkel, RICA die nommer en grawe een van jou ou selfone uit ’n laai. Skakel daardie getroue Nokia 3310 aan en hou hom as die selfoon waarmee jy en jou geliefde met mekaar gesels. Jy het nie nodig om die ander funksies van Sim-Sonke te gebruik as jy nie wil nie. Jy kan self kies watter voorafbetaalde bedrag jy vir watter doeleinde oplaai.

FOTO: Scott Webb (Unsplash)

FOTO Scott Webb (Unsplash)

Die pakket is net in Suid-Afrika beskikbaar. Vir dié van julle met langafstandverhoudings buite die land se grense, wens ons net alle sterkte toe …

Toemaar, grappie! Lees meer oor verhoudings op ons Verhoudingsblog hier:

• Verhoudingsblog: En al wat ons het, is verhoudings …

• Verhoudingsblog: As jy die moer in is

• Mans hanteer verbrokkelde verhoudings erger as vroue

Laai hierdie twee apps af vir jul langafstandverhouding

Dreamdays

Wat: Dié app is wonderlik vir daardie oomblikke dat die dae apart nou te lank voel. Vul die datum in waarop julle weer mekaar gaan sien en tel saam met die app die dae af.

Funksies: Jy kan soveel datums stel soos jy wil. Stel een vir  dinge soos jul herdenkings en verjaardae. Jy kan jou eie foto’s vir agtergronde gebruik, asook vra dat Dreamdays jou laat weet hoeveel dae oor is met ’n herinnering.

app langafstand

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Play Store af

 

Couple

Wat: Dié app kan baie doen en is in essensie ’n sosialemedia-platform net vir julle twee. Ons stel voor julle gebruik die kalender en die Thumbkiss- en skets-funksies.

Funksies: Hier is baie om te doen. Op Couple kan julle persoonlike boodskappe en foto’s aan mekaar stuur, julle kan kalenders deel en een maak, wanneer julle by mekaar is kan julle vir naby eetplekke en restaurante soek, jy kan oulike sketse vir jou geliefde maak en dan, dalk die héél oulikste funksie, is daar die Thumbkiss. Jy raak met jou duim aan die skerm en jou geliefde maak ook so – sodra albei terselfdertyd aan die skerm raak, vibreer die selfoon van jul konneksie.

app langafstand

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Play Store af

Lees ook hierdie artikels vir raad oor apps:

Slimmigheid deur net te luister!

Jy het net hierdie 2 apps nodig vir mooi foto’s!