Screen Shot 2016-03-23 at 3.49.48 PM
Ons hou van

Sjokoladesplinters vir Paasfees

Dis lekker as die kinders help en deel in die Paasfees-pret.

  • 200 g donkersjokolade van goeie gehalte, gesmelt
  • 200 g melksjokolade van goeie gehalte, gesmelt
  • 150 g baba-malvalekkers
  • 150 g geroosterde kasjoeneute
  • 150 g Paaseier-lekkers

Gooi donker- en melksjokolade uit op ’n kleefvrye bakplaat. Smeer eweredig uit op plaat. Sprinkel malvalekkers, neute en lekkers oor. Plaas in vrieskas vir sowat 15 minute. Sodra die sjokolade hard gestol is, maak jy dit los van die bakplaat en breek dit in stukke.