FOTO: Justin Badenhorst

FOTO: Justin Badenhorst

Ons hou van

Restaurantlys: Dís waar SARIE-redaksie eet

Of dit nou vir ’n spesiale geleentheid, ’n uitstappie op Vryheidsdag of vir ’n gesellige kuier saam met vriende en familie is – liefde en omgee gebeur gewoonlik om ’n tafel met lekker kos. En vir die tye wat jy nie lus is om self kos te maak nie, kies ’n uiteetplek wat jou tuis en gemaklik laat voel. 

Hier is ’n lys van restaurante waar ons redaksie gereeld eet. 

Gauteng

Piza e Vino het ’n hele paar takke in Gauteng en is nou ook in Stellenbosch. Hierdie restaurant is nou al ’n gunsteling omdat daar altyd ’n lekker atmosfeer is. Die beligting, dekor en ontwerpe is ook oulik vir Valentynsdag!

FOTO: Instagram (@enrikedevil)

FOTO: Instagram (@enrikedevil)

Pretoria

Stephnie’s is die ideale plek om ná ’n vertoning by die Atterbury-teater ietsie te drink en eet.

Die kos is fantasties by Blu Saffron. Kuier ook op die patio met ’n uitsig oor die gholfbaan.

Befaamde Pretoria-sjef, Rachel Botes, is aan die hoof van Carlton Café + Delicious se kos. Vir ’n lekker ete in die hartjie van Pretoria, besoek haar eetplek.

FOTO: Instagram (@sarietydskrif)

FOTO: Instagram (@sarietydskrif)

Die kelners en diens by Café Beyritz is puik. Perfek vir uiteet in die aand met romantiese beligting en al!

Die pa-en-seun-span van Ritrovo bedien al vir jare egte Italiaanse kos. Jy sal nie verkeerd gaan hier nie.

Saterdae en Sondae is Alfies in Hazelwood net die plek vir outentieke pasta. Maak seker jy bespreek, want anders gaan jy nie plek kry nie. Vra ook wat die specials is, want daar is altyd ’n verrassing.

Muldersdrift

Casalinga bestaan al 27 jaar lank en is al ’n gunsteling vir jare. Dis buite die stad in ’n rustige, landelike omgewing. Elke besoek is ’n bederf, of dit nou ’n verjaardag, Valentynsdag, ’n Sondagmiddagete of sommer ’n lekker weeksaand is.

Modderfontein

As jy ’n entjie wil gaan ry hierdie Sondag, slaan koers in na Modderfontein. Thirty-three Highstreet Food is ’n gesellige restaurant onder skadubome. Kies om met baie vriende en familie te gaan en luister na die vermaak in lewende lywe. Oakes Brew House is ook op dieselfde gronde van dié restaurant, sodat jy voor ete bier en koffie kan proe. En hier is die bierbrouers ’n span vroue!

FOTO: Instagram (@ tiffs2601)

FOTO: Instagram (@tiffs2601)

Johannesburg

Bismillah in Fordsburg is fantasties.  As jy hou van kerrie dan is Basmillah die restaurant vir jou. Die Butter Chicken en Naan word hoog aanbeveel.

The Ant Café het baie lekker kos teen bekostigbare pryse.

Bottega Café is klein en intiem met goeie diens en vreeslike lekker Italiaanse kos.

FOTO: Instagram (@yiulldamaso)

FOTO: Instagram (@yiulldamaso)

The Grill House is ’n gunsteling vir vleisliefhebbers (maar daar is ook vegetariese opsies)

Vir goeie kos en goeie geselskap besoek ons EB Social Kitchen & Bar in Hydepark. Loop ook sommer ’n draai tussen die rakke van die boekwinkel en kies iets om te lees.

dw eleven – 13 op die hoek van Jan Smuts & Bompasstraat is bekend vir hul vars en omgewingsvriendelike bestanddele.

The Leopard bied goeie kos in ’n gesellige atmosfeer in Melville.

KwaZulu-Natal

Durban

Die bekende Oyster Box is ’n moet en stel nooit teleur nie.

Mpumalanga

Nelspruit

The Orange Restaurant het ’n pragtige uitsig, mooi dekor en heerlike kos.

Wakkerstroom

The Bistro at Metamorphis is een van die interessantste restaurante wat jy sal besoek omdat dit ook ’n galery is. ’n Gesellige atmosfeer, die vriendelike eienaars, kok en kelners laat jou tuis voel.

Oos-Kaap

Koffiebaai

Papazela’s is al ’n bekende uiteetplek as jy lus is vir pizza. Dit het ’n baie mooi uitsig.

FOTO: Instagram (@willemienstorm)

FOTO: Instagram (@willemienstorm)

Kies Ocean View Hotel vir skemerkelkies terwyl die son sak.

Port St. Johns

wood ‘n’ spoon is baie oulik en quirky. Hier is van die lekkerste burgers. Geniet die asemrowende uitsig oor die see en beeste wat naby wei.

Bathurst

As jy in Bathurst is, moet jy die historiese Pig & Whistle besoek wat in 1832 oopgemaak het. Dié kroeg het die oudste aaneenlopende dranklisensie in die land. Daar is interessante foto’s teen die muur en dis naby aan die meeste ander besienswaardighede op die dorp.

Wes-Kaap

Kaapstad

Maharajah is ’n onpretensieuse restaurant met outentieke Indiese kos bedien deur Indiese kelners. Ook nie te duur nie!

Lus om iets nuut te probeer? Besoek Sawaddee vir Thai-kos.

Nelson’s Eye is ’n outydse steakhouse. As jy lus is vir vleis, besoek een van Kaapstad se beste geheime.

Besoek Nona Lina vir hul egte Italiaanse kos.

FOTO: Instagram (@thatsmeangela)

FOTO: Instagram (@thatsmeangela)

The Village Idiot het heerlike steak specials en braai borde. Hulle braai op die baie groot stoep – kompleet met braaibroodjies op ’n Sondag! Perfek vir mense wat in ’n woonstel woon!

IYO Burgers is perfek vir Vrydagaand saam met vriende. Dis ook nie ’n groot restaurant nie, so almal sal mekaar kan hoor en lekker kan gesels.

Cafè Paradiso bly ’n Kaapstad-gunsteling.

Hermanus

Vir ’n mooi uitsig, lekker kos en ’n gesellige atmosfeer, is Burgundy’s die plek.

Paternoster

Kies The Noisy Oyster vir ’n uitstappie uit die stad, die atmosfeer en die lekker seekos!

FOTO: Instagram (@gareth_morgansa)

Stellenbosch-wynlande

Geniet ’n lekker Sondag- of Saterdagmiddagete in die tuin – alles is plaaslik vervaardig en vars by The Table.

FOTO: Instagram (@lodger1)

FOTO: Instagram (@lodger1)

96 Winery Road is ’n heerlike uiteetplek net buite Stellenbosch. Bietjie weggesteek, so gaan hierheen vir ’n rustige ete waar jy en jou geliefdes kan gesels en opvang.

Dornier-wynlandgoed se Bodega Restaurant met die fynbos teen die berge is die perfekte plek vir ’n lang uitgerekte middagete of tapas saam met vriende.

Warwick is bekend vir hul piekniek-etes. Bespreek vroegtydig ’n plekkie onder een van hul unieke piekniek-hutte. Dis privaat en bied ’n pragtige uitsig!

Paarl

Geniet pizza onder die bome by Under The Oaks.

Melkbosstrand

Die Damhuis is ’n familie-vriendelike restaurant met heerlike kos en speelplek vir die kinders. Bespreek ’n tafel in die aand om hierdie ete iets spesiaal te maak. Dis verbasend wat aand-beligting en liggies kan doen om ’n romantiese atmosfeer te skep.

Vir heerlike seekos, moet nie eers verder as Café Orca soek nie!

Seepunt

Kuier saam met vriende en geniet Italiaanse kos by Il Leone.

La Mouette se “tasting menu” is ’n móét vir enige foodie.

FOTO: Instagram (@blokliving)

FOTO: Instagram (@blokliving)

Noordelike voorstede

Vir ’n romantiese ete waar jy mooi kan aantrek en jouself bederf, besoek De Grendel. Hierdie restaurant het ook een van die mooiste uitsigte oor Tafelberg.

Philadelphia

Geniet ’n Sondagmiddagete by Peppertree (kies ’n plekkie in die tuin).

Knysna

Tapas & Oysters Restaurant is ’n moet wanneer jy in dié kusdorp aandoen.

FOTO: Instagram (@tapasandoysters)

FOTO: Instagram (@tapasandoysters)

Calitzdorp

As jy in Calitzdorp is, gaan eet by Die Dorpshuis. Jy sal nie spyt wees nie.

Bettiesbaai

Tides se porsies is lekker groot en die mense is ongelooflik vriendelik. In die winter is die tafel by die kaggel die lekkerste. Gaan vir die geschnetzeltes (’n Switserse gereg) en ook die port, vye en bloukaas steak.