Ons hou van

Katie eerste gesig van Bobbi Brown

“Katie is ‘n natuurlike skoonheid, entrepreneur en ma. Toe ek haar ontmoet het, het ek gedink sy pas perfek by my handelsnaam. Ek het ‘n onmiddellike konneksie met haar gevoel, want ons het baie gemeen,” sê Bobbi Brown in ‘n persverklaring.

[box:full:grey:both]

Meer oor Katie

  •     Kate Noelle Holmes is gebore op 18 Desember 1978.
  •     Sy het bekendheid verwerf as Joey Potter in die gewilde dramareeks van die 1990’s, Dawson’s Creek.
  •     Katie is onlangs van haar man, die akteur Tom Cruise, geskei.
  •     Hulle het ‘n dogtertjie, Suri (6).
  •     Een van haar beste vriendinne is die voormalige Spice Girl Victoria Beckham.
  •     Sy het ‘n modereeks, Holmes & Yang, saam met haar stilis, Jeanne Yang, begin.
  •     Katie is een van die stigters van ‘n liefdadigheidsorganisasie, Dizzy Feet Foundation. Die organisasie poog om dans te bevorder, en gee vir diegene met talent beurse om verder in dié rigting te studeer.

[/box]

  • SV

    Ek is mal oor Katie, en die is een asemrowende mooi foto van haar.