FOTO: Instagram @underthepalms

FOTO: Instagram @underthepalms

Ons hou van

Kook in gemak!

Gooi uit daardie lelike, ou, swaar safety boots en kry vir jou hierdie nuwe cool sjef-tekkies.

As jy in die restaurantbedryf werk en soos baie sjefs 16-uur-skofte werk, is gemaklike skoene ’n móét.

Kyk hierdie nuwe mooi sjef-tekkies van Vans! Die tekkies is ontwerp deur die sjefs en restaurateurs Jon Shook en Vinny Dotolo. Die tekkies is water- en vuilbestand, wat dit ideaal maak vir die kombuis.

Dit is steeds onbekend wanneer die tekkies in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, maar ons kos-span is opgewonde hieroor!