FOTO: Instagram (@dithuso_d2so)

FOTO: Instagram (@dithuso_d2so)

Ons hou van

Moedersdag in Bloemfontein: Dinge om te doen!

Moedersdag is hierdie komende Sondag. Hier is ons voorstelle vir jou Moedersdag in die Rosestad.

Dis belangrik om te onthou dat Moedersdag daaroor gaan om tyd saam met jou ma te spandeer. Dís op sigself ’n bederf vir jou en vir haar. Hierdie dag hoef nie jou beursie leeg te maak nie, so hier is ’n paar spesiale aanbiedinge en ook bekostigbare voorstelle!

Geniet ’n regte “meisie-dag”
Klim in die kar en verras jou ma deur by De Oude Kraal uit te klim. Vanaf April tot Junie bied hierdie spa spesiale pryse aan vir hul warm sjokolade-, vanielje- of pipperment-mokka-lyfskrop aan. Hierdie aanbod is egter net vanaf Maandag tot Donderdag.

Koste: Vanaf R600 vir hierdie lyfskrop-behandeling (daar is baie ander behandelings ook beskikbaar)

moedersdag

FOTO Instagram (@noelvr)

 

Gaan kyk ’n fliek saam met jou ma
Hierdie naweek begin Mother’s Day draai. Dis ’n goedvoel-fliek met bekendes soos Kate Hudson, Jennifer Aniston en Julia Roberts en vertel die storie van ma-wees en die verhoudings wat daarmee gepaard gaan. Bespreek sommer nou jou kaartjies!

Koste: Vanaf R65 per persoon

 

Bederf jou ma met iets soets, voorgesit in iets moois
Van hierdie Sondag af is 59Plenty op Sondae ook oop! Nou kan jy na een van Bloemfontein se gunstelinge-eetplekke gaan, asook ’n kulturele ervaring geniet deur na die mooi kuns teen die mure te kyk.

moedersdag

FOTO Instagram (@woanzo)

 

Gee jouself en jou ma die dag af
Wat is nou beter as om net op te daag en dan te kan eet? Niks voorbereiding nodig nie! Oliewenhuis berei ’n heerlik buffet-ete voor, jy moet net vooraf bespreek!

Koste: R220 vir volwassenes, R85 vir kinders 6-12 jaar oud

moedersdag

FOTO Instagram (@_daniellegiorgi)

 

Pak ’n piekniekmandjie
Besoek die Vrystaatse Botaniese Tuin met jou eie piekniekmandjie. Wys jou ma hoe mooi sy jou grootgemaak het deur dit self te pak en op die spyskaart te besluit.

Koste: R20 per volwassene, R15 vir pensioentrekkers

moedersdag

FOTO Unsplash (Leonie Wise)

 

Vat jou ma vir ’n magiese melkskommel
Die lewe gaan oor die klein dingetjies wat ons vir mekaar doen, soos om hierdie groot melkskommel vir jou ma te gee! Bob’s Peanut Butter Shack het beslis een vir jou ma se smaak.

Koste: Vanaf R27

moedersdag

FOTO Instagram (@jummie_ju)

 

Bespreek ’n spa-pakket met alles in een
Raak rustig by ’n spa wat sommer om die draai is. African Hot Stone Spa het spesiale pakkette vir Moedersdag en is elke Sondag oop. Hierdie pakkette skop af op Moedersdag en kan bespreek word tot die 31ste Mei. Saam met elkeen van hierdie pakkette ontvang jou ma ’n verwelkomingsdrankie asook iets te ete.

Koste: Hierdie pakkette begin vanaf R350

moedersdag

FOTO Instagram (@kirkyyy26)

Ons sê ook spesiaal dankie aan Michéle Kirchner wat ons met hierdie artikel gehelp het!

Lees ook