FOTO: Unsplash / London Scout

FOTO: Unsplash / London Scout

Ons hou van

Moedersdag in Kaapstad: Doen hierdie dinge saam met jou ma!

Sy het jou grootgemaak, sy luister altyd na jou probleme, sy vier saam met jou oorwinnings, sy gee raad, en so kan die lys aan en aan gaan. Dis byna Moedersdag en tyd vir jou om jou ma ’n bietjie te bederf.

Hier is ons voorstelle vir bekostigbare uitstappies tot luukse bederwe.

’n Middag by die ballet
Die Kaapstadse Stadsballet voer Shades of Love van 7 tot 22 Mei by die Kunstekaap-teater op. Dis ’n baie lekker bederf wat ook nie jou beursie sal leegmaak nie.

Koste: R120 – R220

moedersdag

FOTO: Instagram (@jeandre_hammond)

 

Tee by die 12 Apostels Hotel
Geniet “high tea” in ware Britse styl hierdie komende Saterdag by die 12 Apostels. Tee, ’n glasie vonkelwyn en varsgebak saam met jou ma klink vir ons na ’n uitstekende plan!

Koste: R275 per persoon

moedersdag

FOTO: Instagram (@kickthecherry)

 

Gaan kyk ’n fliek saam met jou ma
Hierdie naweek begin Mother’s Day draai. ’n Goedvoel-fliek met bekendes soos Kate Hudson, Jennifer Aniston en Julia Roberts vertel die storie van ma-wees en die verhoudings wat daarmee gepaard gaan. Bespreek sommer nou jou kaartjies!

Koste: Vanaf R65 per persoon

 

Geniet ’n 3-gang-maaltyd
Gee jou ma en jouself die dag af en gaan geniet ’n spesiale Moedersdag-middagete by Durbanville Hills.

Koste: R325 per persoon (wynparing uitgesluit) en R395 per persoon (wynparing ingesluit)

moedersdag

 

Wees ’n toeris vir die dag
Hierdie een is vir groot families en gesinne. Pa’s, het jy geweet vir elke volwassene se kaartjie kan twee kinders onder die ouderdom van 18 verniet op die City Sightseeing-bus klim?

Hierdie Sondag, 8 Mei, op Moedersdag, gee Mangwanani African Spa vir elke ma (wat ’n buskaartjie vir die dag het) ’n gratis behandeling van 10 minute by Stop 5 (Langstraat-kantoor), asook ’n 10% afslag-geskenkbewys wat enige ander dag by dié spa gebruik kan word. Hierdie geskenkbewys kan by Stop 1 (V&A Waterfront-kantoor) of by Stop 5 afgehaal word.

Koste: Volwassenes vanaf R170

sightseeing

 

Middagete saam met ’n wynmaker
Geniet ’n 3-gang-maaltyd by The Red Table-restaurant in Nederburg se geskiedkundige herehuis saam met jou ma en Nederburg se assistent-witwynmaker, Chandré Petersen, byderhand om meer oor die wyne te vertel en te help met enige vrae oor kos- en wynkombinasies.

Koste: R350 per persoon (wyn en diensfooi uitgesluit). Daar word ook vir kinders voorsiening gemaak teen R50 elk.

moedersdag

Lees ook