Ons hou van

Onderklere-reeks maak meer geld ná hulle nie meer Photoshop

Sowat ’n jaar gelede het die kleremaatskappy American Eagle se onderklere-reeks, Aerie, opgehou om hul modelle se foto’s te Photoshop, berig Upworthy

Dié besluit was nie net goed vir hul sakke nie (verkope het met meer as 10% gestyg), maar dit het ook talle vroue se selfvertroue ’n hupstoot gegee.

A photo posted by aerie (@aerie) on

Aerie se internasionale handelsmerk-president, Jennifer Foyle, verduidelik: “Daar is geen rede om skoonheid te dokter met Photoshop-peuterwerk nie … Ons vier elke meisie se natuurlike skoonheid, ons wys tatoes, kurwes, geboortemerke en al die ander dinge wat hulle maak wie hulle is.”

Model Iskra Lawrence het tydens ’n onderhoud aan Elle gesê: “Ek is lief vir my lyf en ek sien regtig nie myself as ’n grootte nie, maar liewer ’n vorm.

 

A photo posted by iskra (@iamiskra) on

Kyk hier na nog Aerie-foto’s.

Bron: Upworthy 

Lees ook