FOTO:  Vimeo

FOTO: Vimeo

Ons hou van

Oulike video: Flash mob vir kanker-pasiënt

Amy Noellsch het onlangs agtergekom presies hoe sterk vriende en familie haar ondersteun in haar stryd teen kanker. Haar gesigsuitdrukking toe sy dié verrassing sien, is kosbaar …

Amy is in Oktober 2012 met kanker gediagnoseer, maar ná sy behandeling ontvang het en haar toestand verbeter het, het die kanker weer opgevlam en het dokters aangekondig dat die chemoterapie nie werk nie. Daar was niks meer wat hulle vir haar kon doen nie.

Haar dogter wou haar laat besef hoe baie sy vir die mense om haar beteken en kry toe 50 van haar vriende bymekaar om dit te bewys.

Die dag voor haar 56ste verjaardag het hulle haar met ’n flash mob in haar eie agterplaas verras.

“A Flash Mob for Amy!” van cnoellsch op Vimeo