swatch2011
Inspirasie

Tyd vir kleur

Hul nuwe reeks, Swatch Touch 2011, sluit aan by die “touch-screen”-tegnologie wat deur veral Apple se iPhone gewild gemaak is. Dis reg, in plaas van die knoppies waaraan ons gewoond is op digitale horlosies, het Swatch Touch 2011 ‘n sensitiewe skerm waaraan jy raak om stellings te verander. Dié funksies sluit in tyd, datum, alarm en stophorlosie. En met die enorme digitale sekondesyfers en kleure soos turkoois, skelpienk en donkerpers kan jy hulle op ‘n afstand sien aankom!

Die Swatch Touch 2011 is landwyd beskikbaar, maar slegs by Swatch-winkels. Skakel 011 911 1200 of besoek Swatch South Africa se Facebook-blad vir inligting.