FOTO: Liani Jansen van Rensburg

FOTO: Liani Jansen van Rensburg

Inspirasie

Valentynsdag: Hierdie blomme móét jy koop

Twee dae voor Valentynsdag staan die manne gewoonlik al tou in Adderleystraat, want hulle soek rose, rooi rose. Maar dié beroemde Kaapse blommeverkopers sê daar is eintlik ander blomme wat ’n vrou se hart wen.

“Jong, dis die single laaities wat die rose so staan en koop. Die getroude mans hulle koop blomme wat hul vrou van hou. En dis baie keer nie eers rose nie,” het Karin Williams, een van die blommeverkopers, aan SARIE.com gesê.

Karin sê sy moet dikwels op Valentynsdag die jong verliefdes help. “Gereeld, hoor! Daar het een keer so mannetjie geel rose vir sy meisie probeer koop. Toe sê ek hokaai, jy wil haar nie ontstel nie! Party mans kort maar baie hulp.”

Karin Williams skrik vir rooi rose. FOTO: Liani Jansen van Rensburg

Karin Williams skrik vir rooi rose
FOTO: Liani Jansen van Rensburg

Karin en haar suster, Alison Snyders, staan vir die afgelope 30 jaar bekend as die Susters van Adderley.

“’n Man moet nie vir my gaan staan en rooi rose koop nie. Dis daai mans wat net daarna vinnig weghardloop,” sê Karin en lag.

“En dit steek jou vingers,” voeg Alison vinnig by.

Die susters meen ’n stargazer-lelie is eintlik die perfekte blom vir Valentynsdag.

“Dit ruik hemels. As ’n man daai blom vir my koop, is ek soos klei in sy hande. Maar blomme is eintlik persoonlik. As jy die persoon goed ken, sal jy presies weet wat om te koop,” sê Karin.

FOTO: Liani Jansen van Rensburg

Sisters of Adderley. Alison (links) en Karin (regs)
FOTO: Liani Jansen van Rensburg

Edmund Menyacho sê ’n man moet eerder kreatief wees.

Los die rose. Maak ’n blommerangskikking. Ietsie van als. En as jy rose wil byvoeg, gebruik wit rose, dis klassiek. Maar lelies is altyd ’n goeie keuse.

- Edmund Menyacho

Maar Edmund kan nie sy vrou, Claudia, sommer met rose verlei nie.

“Ek is mal oor ’n orgidee. As hy vir my rose koop, kan ek van ’n myl af ruik hy het weer strooi aangevang,” spot Claudia.

Sy sê rooi rose is romanties, maar pienk rose is ’n beter keuse. “Dis meer subtiel. Lyk vir langer mooi en jy wil mos nie die meisie afskrik nie.”

FOTO: Liani Jansen van Rensburg

Claudia word nie deur Edmund se rose geflous nie. FOTO: Liani Jansen van Rensburg

Lees nou