FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Inspirasie

Hê pret met ’n gemaklike fliek-aand #Valentynsdag

Soms is ’n rustige aand tuis met ’n goeie fliek en lekker wyn nét so spesiaal. Kies sy gunsteling-fliek en maak julleself gemaklik met springmielies en gourmet burgers.

Beplanning en voorbereiding:

Jou spyskaart

fliek spyskaart

Uitdruk-kaarte

Die SARIE-span het spesiaal dié uitdruk-kaarte ontwerp om op jou Valentynsdag-afspraak te gebruik. Laai die PDF by die skakel af of stoor hierdie foto op jou selfoon, tablet of rekenaar en volg die instruksies op elke kaart.

SARIE Fliek-aand Uitdruk: Uitnodiging en spyskaart

SARIE Fliek-aand Uitdruk: Uitnodiging en spyskaart

SARIE Fliek-aand Uitdruk: Springmielie boks

SARIE Fliek-aand Uitdruk: Springmielieboks

Klik HIER en stoor die uitnodiging en spyskaart in PDF-formaat

Klik HIER en stoor die springmielieboks in PDF-formaat

Jou voorkoms

Vir ’n natuurlike en gemaklike voorkoms, wend verbloemer onder jou oë aan om jou oë vars en wakker te laat lyk. Wend dan oogskadu in ’n ligte nude skakering oor jou hele ooglid aan. ’n Tikkie lipglans in ’n ligte rooi of nude skakering fokus die aandag op jou lippe.

Selfs die eenvoudigste haarstyl kan opgekikker word met mooi bykomstighede soos ’n paar glansende haarknippies. Hou jou golwe ongedefinieerd en trek ’n haaryster deur die punte om dit glad te stryk.

Jou uitrusting

Fliek-aand uitrusting

Fliek-aand uitrusting

Top van Mango | Romp van Mango | Handsak van Blackcherry | Skoen van Plum

Kyk ook na dié afspraak-idees vir Valentynsdag…