FOTO: Micky Hoyle | SARIE KOS Desember 2015 / Januarie 2016

FOTO: Micky Hoyle | SARIE KOS Desember 2015 / Januarie 2016

Inspirasie

Vier omgee met ’n familiebraai #Valentynsdag

Valentynsdag hoef nie net romantiese liefde te vier nie… Spandeer die dag saam met vriende en familie en reël ’n gesellige Sondagmiddag-braai. Dek ’n feestelike tafel en vier ’n dag van liefde, omgee en kuier saam met die spesiale mense in jou lewe.

Beplanning en voorbereiding: ♥ ♥ ♥ ♥

Jou spyskaart

1_Familiebraai Spyskaart

Die SARIE-span het spesiaal dié uitdruk-kaarte ontwerp om op jou Valentynsdag-afspraak te gebruik. Laai die PDF by die skakel af of stoor hierdie foto op jou selfoon, tablet of rekenaar en volg die instruksies op elke kaart.

Screen Shot 2016-02-10 at 2.21.35 PM

SARIE Familiebraai Uitdruk: Kaartjies

SARIE Familiebraai Uitdruk: Kaartjies

Klik HIER en stoor die uitnodiging en spyskaart in PDF-formaat

Kliek HIER en stoor die kaartjies in PDF-formaat

Jou voorkoms

’n Stralende vel met ’n tikkie roomblosser en maskara pas by enige situasie wat dit die ideale voorkoms vir ’n gemaklike Sondagmiddagbraai maak. Kies ’n onderlaag met ’n veerligte tekstuur wat jou vel minimaal bedek sodat dit natuurlik lyk. Wend ’n romerige blosser aan vir ’n gesonde gloed en rond jou voorkoms af met maskara wat definisie skep.

Die bolla word hoog op jou kop vasgemaak en kan los en deurmekaar of netjies gedra word vir ’n sjiek voorkoms. Vir ’n meer boheemse styl kan jy net die boonste helfte van jou hare in ’n deurmekaar knoop-bolla vasmaak en die res van jou hare los en golwend laat.

Jou uitrusting

Familiebraai uitrusting

Familiebraai uitrusting

Top van Mango | Jean van Style Republic | Hangertjie van (C)inch | Sandale van Edit

Kyk ook na dié afspraak-idees vir Valentynsdag…