FOTO: Donna Lewis | SARIE KOS April / Mei 2015

FOTO: Donna Lewis | SARIE KOS April / Mei 2015

Inspirasie

Wees romanties met ’n kersligete vir twee #Valentynsdag

’n Kersligete bly ’n wen-idee wanneer dit kom by Valentynsdag-planne. Kook vir die spesiale persoon in jou lewe ’n heerlike driegangmaaltyd of besoek ’n romantiese restaurant.

Beplanning en voorbereiding: ♥ ♥ ♥

Jou spyskaart

romantiese ete spyskaart

Uitdruk-kaarte

Die SARIE-span het spesiaal dié uitdruk-kaarte ontwerp om op jou Valentynsdag-afspraak te gebruik. Laai die PDF by die skakel af of stoor hierdie foto op jou selfoon, tablet of rekenaar en volg die instruksies op elke kaart.

SARIE Romantiese Ete Uitrduk: Uitnodiging en Spyskaart

SARIE Romantiese Ete Uitdruk: Uitnodiging en Spyskaart

SARIE Romantiese Ete Uitdruk: In-ruil Koepons

SARIE Romantiese Ete Uitdruk: In-ruil koepons

Klik HIER en stoor die uitnodiging en spyskaart in PDF-formaat

Klik HIER en stoor die in-ruil koepons in PDF-formaat

Jou voorkoms

Skep ’n elegante gedefinieerde voorkoms deur jou wenkbroue en lippe die fokuspunt van jou voorkoms te maak. Kam jou wenkbroue en vul elkeen liggies in met ’n wenkbrou-potlood. Wend ’n poeieronderlaag met ’n mat-afwerking aan om ’n foutlose gelaat te skep. Nou is nog net ’n verleidelike helderrooi lipstiffie nodig.

Dra jou hare in ’n hoë bolla vir ’n sjiek haarvoorkoms. Maak jou hare by jou haarkroontjie in ’n hoë poniestert vas. Deel jou poniestert in twee gelyke stringe en draai die dele om jou vingers. Gebruik al twee jou hande om dit in dieselfde rigting te draai. Draai dan die twee gedraaide haarseksies om jou haarrekkie in teenoorgestelde rigtings van mekaar om ’n bolla te vorm. Maak seker elke gedraaide haarseksie is eweredig om jou haarrekkie gedraai en steek jou bolla vas met haarknippies en spuit met haarsproei.  Vir ’n meer informele, gemaklike voorkoms kan jy bietjie hare uittrek en jou bolla losserig vasmaak, terwyl ’n stywe bolla met al jou hare in plek ideaal is vir ’n deftiger geleentheid.

Jou uitrusting

Romantiese ete uitrusting

Romantiese ete uitrusting

Top van MangoRomp van Mango | Handsak van Blackcherry | Skoen van Zoom

Kyk ook na dié afspraak-idees vir Valentynsdag