FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Inspirasie

Wys jou liefde met ’n vrolike piekniek #Valentynsdag

Pak ’n piekniek en spandeer die dag onder die bome met vingerhappies en vonkelwyn. Dis die perfekte manier om dié laaste somersmaand te geniet.

Beplanning en voorbereiding: ♥ ♥

mood piekniek pixabay

Jou spyskaart

piekniek spyskaart

Uitdruk-kaarte

Die SARIE-span het spesiaal dié uitdruk-kaarte ontwerp om op jou Valentynsdag-afspraak te gebruik. Laai die PDF by die skakel af of stoor hierdie foto op jou selfoon, tablet of rekenaar en volg die instruksies op elke kaart.

SARIE Piekniek Uitdruk: Uitnodiging en spyskaart

SARIE Piekniek Uitdruk: Uitnodiging en spyskaart

SARIE Piekniek Uitdruk: Piekniek etikette

SARIE Piekniek Uitdruk: Piekniek etikette

Klik HIER en stoor die uitnodiging en spyskaart in PDF-formaat

Klik HIER en stoor die etikette in PDF-formaat

Jou voorkoms

Lyk vars en vrolik vir jou piekniek-afspraak met pastel-grimeerskakerings. Wend ’n romerige oogskadu oor jou hele ooglid aan en skakeer dit goed in sodat dit byna deursigtig lyk. Wend dan ’n ligte tint aan jou wange en lippe en eindig met net een lagie maskara op jou wimpers.

Skep ’n moeitelose voorkoms deur ’n haarproduk wat volume en tekstuur gee liggies aan die punte van jou hare te wend en dan jou hare natuurlik te laat droog word. Stileer dit op in ’n rowwe poniestert, los vlegsels of ’n deurmekaar bolla of krap dit effens deurmekaar en laat dit los hang.

Jou uitrusting

Piekniek uitrusting

Piekniek uitrusting

Top van Mango | Jean van Guess | Oorbelle van (C)Inch | Handsak van Fossil | Sandaal van Edit

Kyk ook na dié afspraak-idees vir Valentynsdag…