FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

Wat eet ons vandag?

Antipasti

Sit hierdie voorgeregte saam op tafel sodat die gaste daaraan kan peusel terwyl hulle kuier. Jy kan die meeste van die bestanddele sommer altyd in jou huis aanhou.

BONESLAAI

• 1 x 400 g-blik cannellini-bone
• hand vol basiliekruidblare, grofgekap
• 3 sprietuie, gekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 70 ml olyfolie
• 30 ml suurlemoensap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Dreineer bone in ’n vergiettes en spoel af met koue water. Plaas in mengbak en voeg basiliekruid, sprietuie en knoffel by. Voeg olyfolie en suurlemoensap by en geur met sout en peper. Meng goed deur en skep in opdienbak.

CAPRESE-SLAAI

• 150 g bocconcini-mozzarellakaasballetjies
• 200 g klein rosa-tamaties, gehalveer
• hand vol basiliekruidblare, grofgekap
• sowat 60 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Halveer mozzarella-kaasballetjies en plaas in opdienbak. Voeg tamaties en basiliekruid by. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout en peper. Meng deur.

UIT DIE DELI

Koop hierdie bestanddele by ’n Italiaanse deli en sit dit voor as deel van
die antipasti.

• 70 g salami
• 200 g ontpitte swart olywe, in skyfies gesny
• 400 g gemarineerde soetrissies
• kaas van jou keuse
• ciabatta-brode

FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle