Foto deur
Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

#SARIESondag

Beesrol met uiesous

Hierdie snit is ook bekend as soutvleis. Dis baie bekostigbaar en jy kan met min moeite ’n klomp mense kos gee.

Genoeg vir 6

• 60 ml olyfolie
• 1,5 kg beesrol
• 1 ui, geskil en gehalveer
• 2 wortels, geskil en gekap
• 3 selderystingels, afgespoel en opgekap
• 1 louriertakkie met blare
• 5 ml heel swartpeperkorrels
• 500 ml rooiwyn
• 500 ml koue water
• 50 ml olyfolie
• 50 g (55 ml) botter
• 12 klein uitjies, gehalveer
• 6 takkies vars tiemie
• 50 g (55 ml) botter

1.Verhit oond tot 200 °C. Berei groente.

1

2. Verhit 60 ml olie in ’n diep oondkastrol en braai beesrol tot goudbruin aan alle kante. Haal uit en laat eenkant rus tot benodig. Braai ui tot donkerbruin in dieselfde kastrol. Voeg res van groente, lourier en swartpeper by en braai tot goudbruin. Verwyder kastrol van hitte. Plaas vleis op groente. Voeg rooiwyn en water by en bedek met foelie en kastrol se deksel. Plaas in oond vir 6 uur.

2
3. Verwyder vleis en laat rus eenkant. Gooi vleissous af deur ’n sif. Verhit 50 ml olie en 50 g botter in ’n pan. Braai gesnyde kant van uitjies tot goudbruin. Voeg tiemie by.

3
4. Gooi vleissous oor uitjies en laat helfte afkook. Voeg 50 g botter by en roer in sous met ’n houtlepel. Verwyder tietiemie uit sous. Skep sous oor vleis en sit voor.

4

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG