sk060930min10
Wat eet ons vandag?

Beesvleis-roerbraai

In mider as 30 minute eet jy en jou gesin hierdie maklike geurige roerbraai!

4 porsies – 25 minute

  • 50 ml sonneblomolie
  • 2 uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 6 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 rooi brandrissies, gekap
  • 15 ml bruinsuiker
  • 15 ml vars gemmer
  • 15 ml suurlemoensap
  • 2 groot hande vol vars basiliekruid
  • 700 g beesvleis-steak, in dik repe gesny
  • 30 ml vissous
  • 15 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit sonneblomolie in ’n wok of swaarboompan. Braai uie, knoffel, brandrissie, bruinsuiker en gemmer saam vir sowat 1 minuut. Voeg suurlemoensap en basiliekruid by en braai vir nog 1 minuut. Haal mengsel uit die pan. Sit beesvleis in die pan en braai vir sowat 10 minute. Voeg uiemengsel by en geur met vissous, suurlemoensap, sout en swartpeper. Braai vir nog sowat 2 minute en sit voor.