Willem Lourens

Willem Lourens

Wat eet ons vandag?

Bobotie-fillo-pakkies

Die Brasiliane eet graag pasteie met ’n maalvleisvulsel – hulle noem dit empanadas, ’n baie gewilde soort straatkos. Ek vul die pasteie met bobotie. 

genoeg vir 4

•  1 ui, fyngekap
•  10 ml medium-sterk kerriepoeier
•  5 ml borrie
•  2,5 ml sout
•  5 ml appelkooskonfyt
•  1 eier
•  1 sny witbrood, in blokkies gesny
•  500 g maalvleis
•  8 velle fillodeeg
•  60 g (65 ml) gesmelte botter

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n bak-plaat met kleefwerende kossproei. Verhit olie in ’n pan en braai ui tot sag. Voeg kerriepoeier en borrie by. Braai nog ’n minuut en geur met sout. Laat afkoel. Voeg konfyt, eier, brood en maalvleis by. Meng met hande tot brood deeglik ingemeng is. Hou eenkant.

Plaas 1 fillo-vel op skoon werkvlak en verf ’n dun lagie botter oor hele vel. Vou botter-kant van deeg in die helfte toe. Verf nog ’n laag botter bo-op. Skep twee opgehoopte eetlepels vulsel in die middel aan onderkant van deegvel en laat ’n rand van so 3 cm rondom oop. Vou deegrand van onder af oor vulsel en bring sye weerskante na binne. Rol deeg styf op. Verf weer met botter en pak op voorbereide bakplaat. Bak 20 – 25 minute tot bros en goudbruin. Sit voor met sterk blatjang.

Lees nou

Bobotie-fillo-pakkies

Geroosterde vleiskebabs

Geroosterde hoender met paprika

Papkoekies met boerewors en tamatiesmoor