All_Gold_Adv-1-Edit
Wat eet ons vandag?

Botterhoenderkerrie

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 30 ml heel komynsaad
• 20 ml koljander
• 100 g All Gold Tomato Paste
• 400 ml-blik klappermelk
• 405 g-pakkie All Gold Tomato & Garlic Pasta Sauce
• 24 ontbeende hoenderdye
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 410 g-blik botterbone, gedreineer

Verhit die oond tot 220 °C. Verhit die olyfolie in ’n oondvaste middelslagpot tot warm. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai 2 minute. Voeg al die speserye by en verlaag die hitte. Roerbraai 5 minute. Voeg die tamatiepasta by en braai nog 1 minuut. Voeg klappermelk en pastasous by. Bring weer tot kookpunt en plaas hoender in die sous. Geur goed met sout en peper en plaas oop in oond. Bak 30 – 35 minute of tot gaar. Roer botterbone deur en sit voor.

All Gold is een van die borge van 30 Dae van Kos en Dekor. Die hoogtepunt vind 4 – 6 Maart by Gallagher-konferensiesentrum in Midrand plaas. Kom kuier saam! 

Lees nou: