Foto deur Lee Malan

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Wat eet ons vandag?

Britse vis & tjips

Sonder ʼn Tartaarse sous is vis en tjips soos brood sonder botter – iets kort.

genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 20 minute

  • 2 liter sonneblomolie
  • 500 g bevrore stokvis, oornag ontdooi in die yskas
  • 140 g (250 ml) koekmeel en bietjie ekstra om vis in te rol
  • 100 ml broodkrummels
  • 2 eiers
  • 200 ml water
  • 15 ml bakpoeier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml paprika
  • 5 ml gedroogde dille
  • skil van 1 suurlemoen
  • 500 g bevrore aartappelskyfies
  • 125 ml mayonnaise
  • 45 ml Sandwich Spread

Verhit ’n diep pan met sowat 3 cm sonneblomolie oor matige hitte. Verhit die res van die olie in ’n pot of diepbraaier. Vir die beslag van die vis, meng die meel, broodkrummels, eiers, water, bakpoeier, sout, peper, paprika, dille en suurlemoenskil. Rol die vis eers in ekstra meel, doop in die beslag en bak in pan met olie. Bak stadig tot vis bruin van kleur is en gaar. Dreineer op kombuispapier.

Diepbraai aartappelskyfies tot bros. Meng mayonnaise met Sandwich Spread. Sit voor met vis en tjips.