Bykosse_vir_Banters-1 AS
Wat eet ons vandag?

Broccolislaai

Moenie die broccoli te gaar maak nie – dis juis die bros groente wat die slaai so smaaklik maak.
genoeg vir 8

• 1 x 700 g-sak broccoli-blomme
• 45 ml olyfolie
• 200 g-pak blokkiespek
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
• hand vol pietersielie
• 1 brandrissie, fyngekap
• 375 ml tuisgemaakte mayonnaise
• 100 g bosbessies (cranberries), opsioneel
• sout en varsgemaalde swartpeper

Bring pot met water tot kookpunt en dompel broccoli in water. Kook 5 minute. Dreineer en spoel af onder koue water om kookproses dadelik te stop. Hou eenkant. Verhit olie tot warm in groot braaipan op stoofplaat. Voeg spek en knoffel by. Braai 5 – 8 minute of tot spek bros is. Plaas in mengbak met res van bestanddele. Meng goed met houtlepel. Voeg broccoli by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Sit voor.