Screen Shot 2016-01-22 at 1.20.10 PM
Pasta

Eenpot-pasta (in minder as 15 minute!)

Aandete binne 15 minute met net een pot om te was!

• 100 ml olyfolie
• 1 ui, in skywe gesny
• 1 knoffelhuisie, fyn gesny
• 500 g kersietamaties, gehalveer
• 60 ml tamatiepasta
• 750 ml kookwater
• 250 g linguine pasta
• 100 g swart olywe, onpit en gehalveer
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• hand vol pietersielie grof gekap

Verhit 100 ml olyfolie in ’n pan van sowat 30 cm in deursnee. Voeg uie, knoffel, tamaties en tamatiepasta by en prut sowat ’n minuut. Voeg water by en bring tot kookpunt.

Voeg pasta by. Meng deur met braaitang tot bedek met sous. Kook vir 9 minute tot pasta gaar is. Voeg olywe by en meng deur. Geur met sout en peper na smaak en voeg pietersielie by.

Wenk

Vervang olywe met stukkies bros spek

Geïnspireer deur: Martha Stewart