FOTO: Gallo Images / Getty Images / Walter Carone

FOTO: Gallo Images / Getty Images / Walter Carone

Wat eet ons vandag?

Eet Audrey Hepburn se gunsteling-gereg: penne alla vodka

Dis Oscar-maand en almal praat steeds oor Leo se eerste goue beeldjie!

Maar vandag se kos-inspirasie kom van een van die grootste Hollywood-ikone. Sy is vyf keer vir ‘n Oscar benoem in die kategorie beste aktrise en het in 1954 die beeldjie gekry vir haar rol in Roman Holiday. Sy is in 1993 oorlede, maar haar skoonheid en modestyl bekoor ons vandag nog.

Wat jy dalk nie geweet het nie, is dat sy mal was oor kook en haar eie groentetuin gehad het.

Die wêreld het haar geken in Givenchy en Valentino, maar sy was die gelukkigste in jeans en ’n T-hemp, en in die kombuis

- Audrey se seun Luca Dotti in die boek

Ons het ’n paar resepte in die boek Audrey at Home deur haar seun Luca Dotti in ons Maart-uitgawe gekies en ons eie wenners gemaak – en haar gunsteling was penne alla vodka.

Penne alla vodka

As jy dié pastagereg eers geproe het, gaan dit ook een van jou gunstelinge word, soos wat dit Audrey s’n was.

Penne alla vodka Audrey Hepburn

FOTO: Donna Lewis

genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie, plus ekstra vir braai
  • 3 rooi soetrissies
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 12 tamaties, in kwarte gesny
  • 30 ml gerookte paprika
  • 125 ml vodka
  • 3 rooi brandrissies (bird’s eye), gekap
  • 1 hand vol vars koljander, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g penne-pasta

Smeer soetrissies met olyfolie en plaas op bakplaat onder baie warm oondrooster, of gebruik ’n lang vurk en hou dit oor ’n oop gasvlam. Braai so vir 5 – 10 minute terwyl jy die soetrissies heeltyd draai. Braai tot pikswart geskroei. Plaas in bak, bedek met kleefplastiek en laat rissies vir 5 minute sweet. Krap swart skille met skerp mes af. Verhit nog olie in ’n middelslagpot.

Voeg ui en knoffel by. Braai vir 5 minute of tot ui begin verbruin. Voeg gaar soetrissies, tamaties, paprika, vodka en brandrissies by. Verlaag hitte en laat prut vir 15 – 20 minute of tot tamaties sag en pap is. Voeg koljander by en geur goed met sout en peper. Maak met staafmenger fyn tot gladde mengsel. Kook penne volgens aanwysing op pak en dreineer. Voeg by warm sous. Plaas in opdienbord en sit voor met parmesaankaas en basiliekruid.

Verwerk uit Audrey at Home deur Luca Dotti (Harper-Collins, R580)

Sarie Kos_ Feb-Mar_ Books (3 of 16)

Daar is nog vier van Audrey se respete in SARIE se Maart 2016-uitgawe. Koop dit nou!

Maart-voorblad 2016 Karen zoid