All_Gold_Adv-2
Wat eet ons vandag?

Frikkadel-kerrie

genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 30 ml vinkelsaad
  • 45 ml gerookte masala
  • 30 ml rissievlokkies
  • 20 ml borrie
  • 2 lourierblare
  • 410 g-blik klappermelk
  • 410 g-blik All Gold Peeled Tomatoes
  • 405 g-pakkie All Gold Tomato & Herb Pasta Sauce
  • 1 hand vol koljander, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 18 frikkadelle van jou keuse

Sous Verhit olyfolie in groot braaipan tot warm. Voeg ui, speserye en lourierblare by. Roerbraai 5 minute of tot uie begin verbruin. Gooi klappermelk, tamaties en pastasous by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 20 – 25 minute of tot dik, romerige sous vorm. Roer vars koljander deur. Geur met sout en peper.

Frikkadelle Verhit oond tot 180 °C. Pak frikkadelle in oondroosterbak en gooi kerriesous oor. Bak 25 – 30 minute of tot frikkadelle gaar is. Sit voor.

All Gold is een van die borge van 30 Dae van Kos en Dekor. Die hoogtepunt vind 4 – 6 Maart by Gallagher-konferensiesentrum in Midrand plaas. Kom kuier saam! 

Lees ook: