Foto deur Lee Malan
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Lee Malan SARIE KOS DES 13/JAN 14

Wat eet ons vandag?

Gebraaide ertjies en rys met steurgarnale

Geurige rys geregte is altyd ’n wenner vir middel van die week etes.

Genoeg vir 4
Gaarmaaktyd: 20 minute

• sowat 20 hout-sosatie- stokkies, geweek in water
• 400 g steurgarnale in die dop, maar dermkanaal verwyder
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 30 ml olyfolie
• 25 g (30 ml) botter, gesmelt
• sap van 1 suurlemoen
• klein hand vol pietersielie, fyngekap
• 55 g (60 ml) botter
• 750 ml gaar oorskiet-rys van jou keuse
• 80 ml visaftreksel
• 40 ml witwyn
• 125 g suikerertjies, gehalveer
• 200 g bevrore ertjies
• 30 ml gedroogde dille
• 45 ml mayonnaise van goeie gehalte
• sout en varsgemaalde swartpeper

Ryg steurgarnale op stokkies. Plaas in plat bak. Meng knoffel, olyfolie, 30 ml botter, suurlemoensap en pietersielie goed saam. Gooi sous oor steurgarnale en laat marineer 30 minute in yskas. Verhit 60 ml botter in ’n pan. Voeg die gaar rys by en roerbraai tot dit begin vassit. Voeg dadelik die aftreksel, wyn, suikerertjies, bevrore ertjies en dille by. Braai tot ertjies sag is en roer mayonnaise deur. Hou eenkant. Verhit ’n pan en braai steurgarnale tot gaar. Geur met sout en peper. Sit voor met rys.