Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Wat eet ons vandag?

Gebraaide-tamatiesop met knoffelbroodjies

Die sop smaak heel anders as jy die tamaties eers oondbraai.
(genoeg vir 6 – 8)

  • 1,5 kg groot rosa-tamaties
  • sowat 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 125 g crème fraîche

Verhit oond tot 180 °C. Halveer tamaties en plaas met skilkant onder op ’n bakplaat. Sprinkel 30 ml olyfolie oor en geur met sout en peper. Oondbraai 20 – 30 minute tot tamaties sag en skil aan onderkant effens bruin begin word. Verhit die 15 ml olyfolie in ’n pan en voeg ui en knoffel by. Braai tot ui sag en deurskynend is. Haal tamaties uit oond en plaas in ’n versapper of voedselverwerker saam met die gebraaide uimengsel. Meng tot glad. gooi in ’n kastrol en geur. voeg aftreksel en crème fraîche by. verhit tot net voor kookpunt.

Vir bo-op

  • 300 g ranktamaties
  • 30 ml olyfolie
  • 125 g crème fraîche

Verhit oond tot 180 °C. Plaas tamaties op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. oondbraai tot net die velletjies van die tamaties begin bars. Skep sop in sopborde, plaas ’n takkie van die oondgebraaide tamaties bo-op en skep ’n groot lepel crème fraîche bo-op. Sit voor saam met oop knoffelbroodjies.

Oop knoffelbroodjies

  • 1 ciabatta-brood
  • 150 g (160 ml) sagte botter
  • groot hand vol pietersielie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap

Verhit rooster-element van oond. Halveer brood in lengte. Sny elke lengte in voorsitgrootte broodjies. Meng botter, pietersielie en knoffel en smeer op broodjies. Pak op bakplaat en sit onder rooster-element net voor jy dit voorsit. Rooster tot goudbruin en sit voor saam met sop.