Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Wat eet ons vandag?

Gevulde hoenderborsies

Met net 6 bestandele maak jy hierdie maklike aandete vir jou gesin!

(4 PORSIES)

  • 1 groot sny suurdeegbrood
  • 60 ml olyfolie (sout en varsgemaalde swartpeper na smaak)
  • 3 groot bruin sampioene, in klein blokkies gesny
  • 2 rosa-tamaties, in klein blokkies gesny
  • hand vol basiliekruid, gekap
  • 4 hoenderborsies, met vel

Verhit oond tot 180 °C. Kap die brood in ’n voedselverwerker tot fyn. Verhit helfte van olyfolie in pan. Braai sampioene en tamaties vir sowat 5 minute en geur met sout en peper. Voeg basiliekruid by en meng goed. Sny aan die kant ’n opening in die vleisgedeelte van die borsies en stop met vulsel. Plaas in oondroosterbak en sprinkel res van olyfolie oor. Geur met sout en peper en plaas in warm oond vir sowat
1 uur tot hoender gaar is.

Ekstra: Gooi sap van 1 suurlemoen oor borsies voor jy dit bak.