combo 03 final
Wat eet ons vandag?

Gortslaai met teegerookte forel

Hierdie heerlike huilsame slaai is perfek vir ’n gesonde weeksaand ete vir die hele gesin.

Dis maklik om jou eie kos by die huis te rook.

genoeg vir 6

  • 250 ml houtskaafsels
  • 45 ml los tee
  • 600 g forel-filette
  • 60 ml soet sojasous
  • 250 g Bulgaarse koring (kyk by gesondheidsafdeling in supermark)
  • 250 g pêrelgort (pearl barley)
  • 125 ml hoemoes
  • 100 ml kookwater
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • groot hand vol Italiaanse pietersielie
  • 300 g kersietamaties, gehalveer
  • 1 komkommer, in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Rook vis: Voer onderkant van pot met tinfoelie uit en sprinkel met houtskaafsels en tee. Plaas afkoelrakkie bo-op. Plaas filet velkant na onder op rak en verf met sojasous. Maak pot met deksel toe sodat alles dig seël en plaas pot op matige hitte tot rook by deksel
begin uitkom. Laat rook vir 20 minute – moenie die pot oopmaak nie.

Maak slaai Plaas Bulgaarse koring en sowat 500 ml water in skoon pot. Bring tot kookpunt en kook tot al die vloeistof geabsorbeer is – sowat 10 minute. Hou eenkant. Plaas gort en 750 ml water in pot. Bring tot kookpunt en kook tot gort sag is, 15 – 20 minute. Dreineer en hou eenkant. Meng hoemoes en 100 ml kookwater saam tot glad. Voeg sap en skil van suurlemoen by vir sous en hou eenkant.

Meng koring en gort, voeg res van bestanddele (buiten vis) by en gooi sous oor. Meng deur. Skep in opdienbak en vlok vis in groot stukke bo-oor. Geur goed met sout en peper. Sit voor.