Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Wat eet ons vandag?

Herderspastei

Dit is seker een van die mees algemeenste

(4 – 6 PORSIES)

  • 1 porsie maalvleismengsel
  • 500 g bevrore ertjies, mielies en worteltjies
  • 2 eiers
  • 200 ml laevet-/vetvrye melk
  • 50 ml “lite”-blatjang
  • • 3 groot soetpatats, geskil en in blokkies gesny
  • 25 ml laevet-margarien
  • laevet-/vetvrye melk om soetpatat-puree aan te maak
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Ontdooi pakkie maalvleismengsel in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Verhit maalvleismengsel in ’n kastrol.
Voeg bevrore groente by en kook tot gaar. Skep in bakskottel. Meng eiers en melk en gooi oor vleismengsel. Bak vir 20 – 30 minute tot eier gestol is. Smeer die blatjang oor die vleis. Kook soetpatats in soutwater tot sag. Dreineer. Maak fyn met aartappeldrukker. Plaas terug op hitte, en meng met margarien en genoeg melk om stywerige soetpatatpuree te maak. Geur met sout en peper. Skep soetpatatpuree op die vleis en maak met ’n vurk ’n growwe oppervlak. Bak in warm oond tot soetpatat-puntjies ligbruin is. Sit voor met ’n lekker slaai.