FOTO:Donna Lewis

FOTO:Donna Lewis

Wat eet ons vandag?

Kruiehoender

Elkeen moet weet hoe om ’n heel hoender goed gaar te maak. Dis die kos-ekwivalent van mode se swart rokkie wat altyd reg hang in die kas.

genoeg vir 6 – 8

• 230 g (250 ml) sagte botter
• hand vol sagte kruie (tiemie, origanum,
pietersielie), fyngekap
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 ingelegde suurlemoene, baie fyn
gekap
• 1 brandrissie, fyngekap
• hand vol vars koljanderblare, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 groot hoender
• 200 g vars aspersies
• 1 x 250 ml-bottel soetrissiesous

Verhit Weber tot warm of verhit oond tot 180 °C. Meng botter, kruie, knoffel, suurlemoene, brandrissie en koljander. Geur kruiebotter goed met sout en peper. Maak vel op borskant van hoender versigtig los met jou vingerpunte. Skep kruiebotter in ruimte tussen los vel en vleis in – dit lyk na baie botter, maar alles moet ingeskep word. Jy kan een of twee lepels vol van die botter oor die res van die hoender smeer.

Plaas hoender in oondbraaibak en maak toe met foelie. Plaas in Weber/oond en bak 1 uur. Maak hoender oop en voeg aspersies by. Bak oop vir nog 30 minute of tot hoender goudbruin is. Sit voor met soetrissiesous.