Groen-5313
Wat eet ons vandag?

Lamsboud met feta-spinasie-en-gruyère-vulsel

Heerlike ontbeende lamsboud met geurige vulsel vir paasnaweek… 

Die kaas bak uit soos die boud gaar word en vorm ’n lekker romerige sous.

genoeg vir 8

  • 200 g spinasie, grofgesny
  • 8 snye witbrood, fyngekrummel
  • 100 g (110 ml) botter, gesmelt
  • 1 ui, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 170 g gruyère-kaas, fyngerasper
  • 4 takkies roosmaryn, fyngekap
  • 6 ansjovisfilette, fyngesny
  • 8 feta-wiele, fyngekrummel
  • 1 x 2 kg-lamsboud, ontbeen tot net voor die skenkel
  • 250 ml rooiwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 140 °C. Meng al die bestanddele, behalwe die lamsboud en rooiwyn, vir die vulsel. Geur goed met sout en peper. Gebruik jou hand en stop die vulsel in die gat waar die been van die lamsboud was – die mengsel lyk te veel, maar probeer alles indruk. As daar tog vulsel oorbly, plaas dit in ’n groot oondbraaibak en pak die gevulde lamsboud bo-op. Geur weer goed. Gooi rooiwyn oor en maak bak toe. Oondbraai 5 uur. Verwyder deksel en oondbraai nog 1 uur tot boud goudbruin en sag is. Sit voor met blomkoolpuree en groenbone.