Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Wat eet ons vandag?

Lamsvleis-frikkadelle op tortillas met hoemoes en salsa

(4 – 6 PORSIES)
25 MINUTE

  • 45 ml olyfolie
  • 600 g (18 klein) lamsvleisfrikkadelle
  • 200 g komkommer, in blokkies gesny
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 rooi-ui, gekap
  • 1 avokado, in blokkies gesny
  • 2 tamaties, in blokkies gesny
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 meel-tortillas
  • 200 g hoemoes

Verhit olyfolie in ’n middelslagpan. Plaas frikkadelle in pan en braai vir 8 – 10 minute of tot goudbruin en gaar. Hou eenkant. Meng komkommer, knoffel, ui, avokado, tamatie, sap en skil van suurlemoene saam. Geur goed met sout en peper. Rooster tortillas in warm pan tot goudbruin en warm. Verdeel hoemoes tussen tortillas, gevolg deur frikkadelle en avokado-salsa. Sit warm voor. Wenk Jy kan ook gaar winkelhoender, wat van die been gevlok is, pleks van die frikkadelle gebruik.