combo 02 final
Wat eet ons vandag?

Lemoen-en-vanielje-limonade

Saartjie sê: “Hoekom nou nie, dis immers Vrydag! Vat ’n blaaskans van jou streng dieetplan en ontspan met ons verfrissende lemoen-en-vanielje-mengeldrankie.”

Dié limonade maak jy deur die vrugte in suiker te marineer – die suiker breek die vrugteselle en in die proses kom meer sap los.
genoeg vir 2 liter

24 lemoene, gehalveer
2 vanieljepeule, oopgesny en sade uitgekrap
200 g (250 ml) suiker
gebreekte ys
1,5 liter sodawater

Vir ekstra skop, voeg ’n sopie jenewer by!

Plaas die lemoene, vanieljepeule en -sade in ’n groot bak en gooi die suiker
oor. Laat staan 30 minute. Gebruik jou hande en “masseer” die lemoene met die suiker tot al die sap en pulp uit die skil is – die growwe suikerkristalle help dat die selle in die lemoene oopbars. Gooi die mengsel deur ’n sif en gooi die skille weg. Giet die limonade oor in ’n glasbeker met gebreekte ys en voeg die sodawater by net voor jy dit skink.

LEES OOK: Fynbos jenewer!