FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

Wat eet ons vandag?

Mossels met amandels en chorizo-sous

Seekos en geroosterdeamandels is een van die heel beste smaakkombinasies.

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 30 ml heel komynsaad
• 225 g chorizo-wors, in ringe gesny
• 100 g gevlokte amandels
• 30 ml gerookte paprika
• 200 ml hoenderaftreksel
• 125 ml witwyn
• 3 takkies vars tiemie, fyngekap
• 1 kg swart mossels, skoongemaak
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in groot pot. Roerbraai ui, knoffel, komyn en chorizo vir 5 minute of tot wors begin verbruin. Voeg amandels by en braai nog 3 minute of tot neute begin verbruin. Voeg paprika, aftreksel, wyn en tiemie by. Bring tot kookpunt. Voeg mossels by en bring mengsel tot kookpunt. Maak pot toe en laat kook nog 10 minute of tot doppe oopgaan – gooi toe mossels weg. Geur goed met sout en peper. Sit voor.