20141119-_X7A2600
Wat eet ons vandag?

Murgpampoentjie-pasta

Hierdie resep het geen gaarmaak nodig nie. Alles is rou en dit smaak heerlik!

genoeg vir 6

• 5 ml sout
• 4 hande vol vars basiliekruidblare
(sowat 100 g)
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 100 g amandels
• 250 ml olyfolie
• 100 g parmesaankaas, fyngerasper
• 8 murgpampoentjies
• 400 g kersietamaties, gehalveer
• sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas sout, basiliekruid, knoffel, amandels en olyfolie in voedsel-verwerker se bak. Verwerk by hoë spoed tot fyn. Haal uit voedselverwerker en meng kaas by om pesto te maak. Hou eenkant. Gebruik skerp mes en sny murgpampoentjies in lang dun repe soos spaghetti (jy kan dit ook rasper op growwe kant van rasper). Skep repe saam met tamaties en pesto in opdienbak. Geur goed met sout en peper. Meng deur en sit voor.