FOTO Lee Malan
SARIE KOS DES 13/JAN 14

FOTO Lee Malan SARIE KOS DES 13/JAN 14

Kos

NACHOS

Hierdie maklike resep sorg vir vinnige weeksaand etes en is idiaal vir gemaklike voor-die- tv-etes!

15 minute

genoeg vir 4

Verhit oond se rooster-element. Verdeel 250 g nacho-tortillatjips tussen vier oondvaste borde. Skep 400 g gebottelde salsa in gelyke dele op tjips, gevolg deur ’n kwart van 500 g krummel-maaskaas. Rasper 150 g cheddarkaas en sprinkel ’n kwart op elke maaskaasstapel. Skep die vleis van 4 avodado’s in ’n bak.

Voeg 2 fyngedrukte knoffelhuisies en sap van 1 suurlemoen by. Druk fyn met vurk en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas borde onder rooster- element en oondrooster tot cheddarkaas gesmelt het. Haal uit en skep van die avokado bo-op.