Foto deur Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Wat eet ons vandag?

Okkerneut-en-spekbrood

Die neutsmaak werk hemels met die rokerige smaak van die spek.

(genoeg vir 1 groot brood)

baktyd: 30 – 35 minute

  • 1 x basiese brooddeeg
  • 100 g okkerneute
  • 4 takkies roosmaryn, fyngekap
  • 250 g spek, grofgesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel lagie sorghummeel op werkoppervlak en keer uitgerysde brooddeeg daarop uit. Druk deeg plat tot sowat 1,5 cm dik. Sprinkel okkerneute, roosmaryn en spek oor deeg. Rol deeg in stewige wors op. Bring punte van wors na mekaar en druk stewig vas op mekaar om ’n ronde brood te vorm met ’n opening in die middel soos ’n Kerskrans. Plaas op bakplaat wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Sprinkel sout en peper bo-oor. Laat rys weer op warm plek vir sowat 25 – 30 minute of tot dubbel in volume. Bak 30 – 35 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en sit voor