sarie152
Wat eet ons vandag?

Ontbeende lamsboud & pita-braaibroodjies met fetakaas en olywe

Marineer die boud oornag in die yskas. Haal dit ’n hele ruk voor jy dit braai uit die yskas, want dit word by kamertemperatuur gaargemaak. Dis ook baie belangrik om die pita-braaibroodjies nie te lank te laat staan nie, want dit raak vinnig pap oor dit so dun is. Maak die broodjies, braai en eet so gou as moontlik.

Genoeg vir 4

Griekse-styl ontbeende lamsboud

• 1 kg ontbeende lamsboud

• 500 g Griekse-styl jogurt

• sap van 1 suurlemoen

• hand vol vars basiliekruidblare, grofgekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• sowat 50 ml olyfolie

• sout en varsgemaalde swartpeper

Pita-braaibroodjies met fetakaas en olywe

• 4 pitabroodjies

• 6 wiele fetakaas, gekrummel

• 30 ml olyfolie

• 45 ml swartolyf-tapenade

• 5 middelslag-tamaties, in
skywe gesny

• 1 ui, in dun ringe gesny

• varsgemaalde swartpeper

• olyfolie

Griekse-styl ontbeende lamsboud Plaas lamsboud in groot marinadebak. Meng jogurt, suurlemoensap, basiliekruid, knoffel en olyfolie saam in ’n mengbakkie. Gooi sous oor vleis en vryf dit oor die hele boud. Maak bak toe met kleefplastiek en plaas in yskas om te marineer. As jy dit nie oornag in yskas laat nie, moet dit minstens
1 uur op ’n werkvlak in die kombuis gemarineer word. Wanneer kole warm is, geur vleis met sout en peper. Plaas in toeklaprooster en laat braai sowat 10 minute op ’n slag voor jy dit omdraai. Smeer
die gebraaide kant met marinade elke keer as jy die vleis omdraai. Herhaal die proses tot die vleis so gaar is soos jy daarvan hou.

Pita-braaibroodjies met fetakaas en olywe Sny die dun pitabroodjies versigtig heeltemal oop. Plaas fetakaas in ’n bakkie en sprinkel olyfolie oor. Meng goed deur. Sprinkel fetakaas op onderste helfte van elke broodjie. Smeer van die tapenade bo-op fetakaas. Rangskik tamaties en uie bo-op en geur met peper. Sprinkel nog fetakaas bo-op en maak toe met boonste deel van pitabrood. Smeer bietjie olyfolie aan die buitekant van elke broodjie en rangskik op toeklaprooster. Plaas op warm kole en braai weerskante tot bruin. Sit warm voor.