sarie036
Wat eet ons vandag?

Ontbyt-beesvleisburger

Op die spyskaart vir vandag: ’n “breakfast for dinner”-geïnspireerde vleisburger vir ’n lekker informele aandete.

genoeg vir 6

Verhit 30 ml olyfolie en braai 2 fyngekapte uie en 2 fyngekapte knoffelhuisies tot sag. Laat afkoel in mengbak. Kap 5 kraakbeskuitjies fyn in voedselverwerker. Voeg by uie, asook 500 g beesmaalvleis, 10 ml sout, 5 ml peper en 1 eier. Meng en vorm 6 patties.

Verhit 15 ml olyfolie in ’n riffelpan en braai patties weerskante tot gaar. Sny 2 tamaties in dik skywe. Verhit 30 ml olyfolie. Sit tamatieskywe in warm olie, geur en braai tot gaar. Halveer 6 repe strepiespek. Verhit 15 ml olyfolie in ander pan en braai spek tot bros. Smelt 30 ml botter in ’n pan, bak 6 eiers en geur.

Rasper 100 g cheddarkaas. Plaas op patties en smelt onder rooster-element. Halveer 6 broodrolletjies en plaas gebraaide tamaties, patty, spek en eier op onderste helfte. Bedek met boonste helfte van rolletjie.