Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Wat eet ons vandag?

Oondgebakte hoender met botterskorsie

Ek maak hierdie gereg tenminste een keer ‘n week! Dit is moeite- en glüten vry!

(4 porsies)

  1. 30 ml olyfolie
  2. 8 hoenderdye, asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  3. 1 ui, gehalveer en in skywe gesny
  4. 2 huisies knoffel, fyngekap
  5. 500 g botterskorsieblokkies
  6. 6 sirkels feta-kaas, gekrummel

Verhit oond tot 180 ºC. Verhit olyfolie in ‘n diep pan wat jy bo-op die stoof én in die oond kan gebruik. Braai hoenderstukke tot bruin. Geur met sout en peper. Haal uit bak en braai ui en knoffel tot bruin en sag. Pak hoender terug en voeg botterskorsie by. Sit deksel op en plaas in oond vir 1½ uur. Haal uit en sprinkel feta oor. Dit vorm ‘n lekker kors. Skakel die roosterelement van jou oond aan en plaas die pan sonder deksel terug in oond. Rooster vir 10 minute tot kaas effens gesmelt is.